NG Kerk Uitenhage-Oos




OOR ONS



Ons Missie

Elkeen 'n Lewende Getuie vir die Here

image

Besonderhede

Kantoorure: Maandae & Vrydae:08-00 tot 16-00
Dinsdae en Donderdae 09-00 tot 16-00
Vrydae 09-00 tot 14-00
Freresingle 40 * Van Riebeeckhoogte * Kariega * 6229

image

6 Pilare van karakter

- Goeie burger
- Omgee
- Betroubaarheid
- Respek
- Verantwoordelikheid
- Regverdigheid

image

Sakramente

Die nagmaal word een keer per maand bedien.
Die doop word gewoonlik die eerste Sondag van die maand bedien. Voornemende doopouers moet asb ten minste 1 kwartaal vooraf by die skriba aanmeld vir dooptoerusting (3 sessies).

image

Bevestiging van huwelike

Paartjies wat in die huwelik bevestig wil word, moet verkieslik nie minder nie as 3 maande voor die tyd met die leraar skakel om afsprake te maak vir die voorbereidingsgesprekke. Kontak die skriba vroeg-tydig om die kerkgebou en/of die kerksaal te bespreek.

image

Bedieninge

Die gemeente se werksaamhede geskied volgens ʼn stelsel van bedieninge. Hierdie bedieninge bestaan uit bedieningsgroepe wat weer uit ʼn aantal aksies bestaan. Lidmate leef hulle gestuurdheid uit deur unieke gawes aan te wend om strome lewende water te wees.

Sterftes

Indien iemand aan huis sterf, kontak ʼn ambulansdiens om ʼn doodsverklaring uit te reik. Die begrafnisondernemer van u keuse kan daarna die liggaam verwyder. Kontak asb. ook u predikant vir ondersteuning en bystand. Die finale reëlings vir die begrafnis of gedenkdiens kan getref word nadat die predikant en die kerkkantoor gekontak is. Die gemeente reël slegs tee en koffie met begrafnis- of gedenkdienste wat in die kerk gehou word. Die familie is self verantwoordelik vir verversings.

image

Wyke

Ter wille van effektiewe versorging en toerusting word die gemeente in ʼn stelsel van wyke ingedeel. Elke wyk word bedien deur ʼn kerkraadslid of dienswerker.

Pastorale Versorging

Daar is verskeie maniere waarop versorging in die gemeente plaasvind:
- ʼn Verskeidenheid van kleingroepe vorm die primêre ruimte waarbinne geloofsgroei plaasvind en onderlinge versorging gekoester word.
- Kerkraadslede en dienswerkers is verantwoordelik vir versorging in wyksverband.
- Die erediens op Sondae dien as plek van ontmoeting met die lewende God, Vader, Seun en Heilige Gees.
- Die leraar besoek deurlopend nuwe lidmate, doen pastorale besoeke by mense met spesifieke behoeftes, doen plaaslik hospitaalbesoek, besoek lidmate wat aandui met die besoekversoekvorms wat in die voorportaal van die kerk te kry is en het pastorale spreekkamers wat ingerig is by die kerk.

image

Sewe Grondpilare vir ons gemeente

- Jy moet seker wees dat jy gered is en aan God behoort. (Ef 2:8)
- Jy moenie geestelik stilstaan nie, maar groei tot volwassenheid. (Ef 4:14-15)
- Jy moet in 'n groep inskakel waar julle plek maak vir Bybelstudie, gebed en omgee vir mekaar. (Hand 2:42)
- Jy moet ander dien met die genadegawes wat die Gees vir jou gegee het. (1 Pet 4:10)
- Jy moet onbeskaamd en in die krag van die Heilige Gees getuig. (Mat 10:32-33)
- Jy moet volhardend bid en 'n getroue intersessor wees vir die uitbou van God se koninkryk. (Ef 6:18)
- Gee jou dankoffer vir die bou van God se koninkryk. Gee oorvloedig en volgens die riglyn van 'n tiende. (Mal 3:10)

image


PERSONEEL



Ds HN Lochner

Leraar

Me Alma Stroebel

Finansiële beampte

Me Liesel Murphy

Orrelis

John van Ewyk

Koster